Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Belasting op toegevoegde waarde: pas dit Suid-Afrika?
Author:Van Rensburg, B.J.P.
Year:1990
Periodical:South African Journal of Economics
Volume:58
Issue:1
Pages:21-42
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subject:value added tax
External link:https://doi.org/10.1111/j.1813-6982.1990.tb00916.x
Abstract:Die literatuur oor belasting op toegevoegde waarde (BTW) onderskei tussen die saamvoeg (additiewe) metode en die aftrekmetode. Die Margo Kommissie het, in sy aanbevelings vir 'n BTW stelsel vir Suid-Afrika, die voorkeur gegee aan die additiewe metode van basisberekening. Hierdie kommissie het onder die benaming Omvattende Besigheidsbelasting (OBB) 'n soort BTW voorgestel, waarvan die basis beskryf word as ''n oorspronggebaseerde verbruikstipe belasting op 'fiskale' toegevoegde waarde' op sterkte van die feit dat waardevermindering bygetel en bruto investering afgetrek word van die basis. Alhoewel die OBB nie deur die regering aanvaar is nie, bly die ekonomiese gevolge wat so'n stelsel vir die spesifieke omstandighede in Suid-Afrika sou kon inhou van belang. Hierdie artikel ondersoek die gevolge van die invoering van die OBB vir die land se in- en uitvoere, vir die algemene pryspeil, die eenvoud of kompleksiteit van die belasting sowel as die sogenaamde outomatiese assosiasie daarvan met lone en winste. Omdat volgens alle aanduidings die Staat vasbeslote is om 'n faktuur-BTW (FBTW) gebaseer op die aftrekmetode in te stel ter vervanging van die bestaande AVB, gee die skrywer vervolgens aandag aan wat gewoonlik genoem word as voordelige gevolge van die FBTW: die breër basis; minder belasting ontduiking en ongehoorsaamheid; die behandeling van kapitaalgoedere; administratiewe effektiwiteit en gevolglike koste per rand ingesamel; en laastens ekonomiese effektiwiteit en die toenemende regressiewe karakter van die belasting. Bronnelys, note, samevatting in Engels.
Views
Cover