Abstract: | Die onderliggende politieke spanning-situasie in Suider-Afrika maak ontwapening of wapenbeheer tans grootliks onaanvaarbaar. Dit kan geredeneer word dat bewapening juis bydra tot die verhoging van hierdie spanning. Dit is egter duidelik dat bewapening in dié verband eerder 'n simptoom van onderliggende konflik as 'n oorsaak daarvan is. Na alles sal dit steeds nasionale belange wees wat die houding van state teenoor ontwapening en wapenbeheer bepaal en in die huidige omstandighede in Suider-Afrika is daar ooglopend 'n botsing van nasionale belange en oogmerke, sowel as toenemende internasionalisering van bepaalde konfliksituasies. Verwysings. |