| Abstract: | Die eerste taak bij die opstel van nasionale rekeninge is om 'n geskikte raamwerk vir 'n land saam te stel. Die doel met hierdie uittreksel uit die studie 'Lesotho: National accounts, 1954-1955 to 1965-1966' is om die vernaamste vereistes te bepaal waaraan so 'n raamwerk vir Lesotho moet voldoen. In afdeling 1 word die ontwikkeling van nasionale rekeninge in Afrika beskrijf as 'n algemene agtergrond tot die verdere bespreking; in 2 word vorige navorsing i.v.m. nasionale rekeninge-totale vir Lesotho bespreek; in 3 'n minimum stel rekeninge wat vir die land nodig sal wees; in 4 die behandeling van sekere probleme wat oor die algemeen in Afrika-lande aangetref word (Nie-monetêre of bestaansbedrywighede - Inwoner - Die defenisie van kapitaalvorming - Depresiasie - Uitvoerbelasting - Klassifikasie van oordargte - Toegerekende waarde van financiële dienste - Toegerekende huur op regeringsgeboue). |