Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Dekriminalisering van prostitusie: 'n nuwe benadering vir 'n eeu oue kwessie?
Author:Scholtz, MarleneISNI
Year:2001
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:41
Issue:2
Pages:150-157
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:sexual offences
prostitution
Abstract:In 'n eerder ondersoek na perspektiewe rondom die moontlikheid van dekriminalisering van prostitusie in Suid-Afrika is 'n aantal beleidmakers en -toepassers om hul mening genader. Die algemene gevoel, met enkele uitsonderinge, is dat dekriminalisering verkies word bo die omslagtigheid wat soms met wetstoepassing gepaard kan gaan. Die doel van hierdie ondersoek is 'om eerstehands inligtinge te verkry van 'n beperkte aantal (12) persone in die Vrystaat wat met die prostitusiebeleid of die toepassing daarvan te make het, of wat as deskundiges beskou kan word'. Tydens persoonlike onderhoude met hierdie respondente kon menings ingewin word aangaande die huidige toestand in Suid-Afrika, en ook wat moontlike dekriminalisering kan behels. Hiermee kon verdere doelwit van hierdie ondersoek verwesenlik word, naamlik aanbevelings oor hoe prostitusie in die toekoms hanteer kan word. Die onderhoude toon aan dat die respondente almal van mening is dat eerder gekonsentreer moet word op die morele aspek as op die wetlike aspek. Indien prostitusie gedekriminaliseer word, en dus nie meer 'n misdaad is nie, kan sekere maatreëls ingevoer word wat prostitusie sal reguleer. Bronnelys, samevatting in Engels, verwysing.
Views
Cover