Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Die voorkoms van alkoholmisbruik en substansmisbruik by 'n groep hofobservasiegevalle met behulp van korrespondensie-analises
Author:Ladikos, AnastasiosISNI
Year:2001
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:41
Issue:2
Pages:158-174
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:offences
drug use
drinking customs
psychiatry
Abstract:Regdeur die geskiedenis van die menslike beskawing was daar soms 'n sterk neiging om geestesongesteldheid en misdaad aan mekaar te koppel. Die rasionaal vir hierdie ondersoek is soos volg: Daar behoort 'n onderskeid te wees in observasiegevalle tussen enersyds misdadige gedrag waarvoor 'n persoon deur 'n hof skuldig bevind en gevonnis word, en andersyds beweerde misdadige gedrag waarvoor 'n persoon as ontoerekeningsvatbaar geag word en gevolglik tot 'n staatspatiënt verklaar word. Hierdie gedrag word in hierdie artikel nagevors met betrekking tot die voorkoms van alkoholmisbruik en substansmisbruik onder hofobservasiegevalle. Aangesien die grootste aantal observasiegevalle in Gauteng by Weskoppieshospitaal te Pretoria opgeneem word is die ondersoek aldaar onderneem. Uit 142 blanke manlike observasiegevalle wat vanaf 1988 tot en met 1994 opgeneem is, is vier subgroepe gevorm: 'n misdadigersubgroep met en sonder 'n geskiedenis van alkoholmisbruik en 'n staatspasiëntesubgroep met en sonder 'n geskiedenis van substansmisbruik. Van hierdie subgroepe is die verband tussen alkoholmisbruik en substansmisbruik en niepersoonsgerigte en persoonsgerigte geweldmisdrywe ondersoek en die verband met die psigiatriese diagnoses. Bronnelys, samevatting in Engels.
Views
Cover