Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home AfricaBib Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Regstellende aksie, menseregte en die openbare mening oor 'n goeiepraktyk-kode
Author:Du Toit, PierreISNI
Year:2006
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:46
Issue:4
Pages:498-514
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:affirmative action
norms
labour law
Abstract:Een van die belangrikste beleidsmaatreŽls om die korrelasie tussen ras en armoede in Suid-Afrika te verbreek, is regstellende aksie, waarvan die kernbeleidsinstrumente in artikel 9 van die Grondwet en die Wet op Gelyke Indiensneming (Wet no 55 van 1998) vervat is. Die onderhandelde skikking stel egter sekere vereistes vir die manier waarop dit gedoen moet word. Een van die wetlike instrumente wat moontlik ingespan kan word om te verhoed dat ondemokratiese gevolge uit die regstellingsbeleid voortvloei, is 'n goeiepraktyk-kode. Hierdie artikel gee 'n uiteensetting van maatstawwe waarvolgens bepaal kan word watter items in 'n goeiepraktyk-kode kan dien, en gee 'n oorsig oor die openbare steun vir sekere items wat in so 'n kode opgeneem kan word. 'n Goeiepraktyk-kode behoort riglyne te bevat waarvolgens werkgewers opbouende gelykberegtiging moet toepas, sonder dat individue se menseregte aangetas word. Daar kan 'n saak daarvoor uitgemaak word dat die afwesigheid van 'n afsnypunt vir regstellende aksie die bevoordeeldes (uit die aangewese groep) se waardigheid aantas, en dat maatreŽls wat die jeug kollektief verantwoordelik maak vir onregte waaraan hulle nie aandadig was nie, dieselfde uitwerking het, asook maatreŽls wat mense die geleentheid tot gehalteonderwys ontneem. Daar bestaan ook sterk teenkanting onder die algemene publiek teen die klassifikasie van Suid-Afrikaners as lede van hetsy 'n 'aangewese' of 'nie-aangewese' groep bloot op grond van ras en geslag. Die toepassing van regstellende aksie, soos ervaar deur baie Suid-Afrikaners, beperk ook die realisering van menswaardigheid. 'n Beduidende aantal landsburgers sien hulleself as tweedeklasburgers. Die herstel van alle landsburgers se waardigheid vereis nuwe kriteria vir klassifikasie. Dit noodsaak nie slegs die daarstelling van 'n goeiepraktyk-kode nie, maar ook wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming. Bronnelys, verwysings, samev. in Engels. [Samevatting ASC Leiden]
Views

Cover