Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home Africana Periodical Literature Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Periodical article Periodical article Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Spesiale uitgawe: huldiging: T.T. Cloete
Author:Viljoen, Hein
Year:2009
Periodical:Tydskrif vir geesteswetenskappe
Volume:49
Issue:4
Pages:550-623
Language:Afrikaans
Geographic term:South Africa
Subjects:writers
poetry
festschrifts (form)
About person:Theunis Theodorus Cloete (1924-2015)ISNI
Abstract:Hierdie nommer van Tydskrif vir Geesteswetenskappe bring 'n groepie artikels oor die werk van die Suid-Afrikaanse taal- en literatuurwetenskapper T.T. Cloete byeen. Die doel daarmee is om die digter te eer noudat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns erelidmaatskap aan hom toegeken het. Die doel is ook om Cloete se 85ste verjaarsdag te vier deur weer 'n slag te besin oor sy digterskap en enigsins weer 'n bestekopname daarvan te maak. Rensia Robinson verken dié 'enigmatiese Goddelike Wese' in T.T. Cloete se oeuvre. Cas Vos wys op die teologiese, musikologiese en poëtiese eise wat omdigting onderlê en bevind dat Cloete, omdat hy self 'n digter is, daarin slaag om van Psalm 23 'teologie in 'n lied' te maak. Johann Lodewyk Marais wys op Cloete se verkenning van die evolusieleer en die feit dat hy nie wegskram van 'n besinning oor die ontstaan as skepping of die ontwikkeling van lewe op aarde nie. Daarteenoor verskaf Hans Ester se artikel oor die omgang met die dood in die hedendaagse kultuur 'n reliëf vir Cloete se deurlopende bemoeienis met siekte, pyn en die dood in sy poësie. Die laaste drie bydraes belig meer spesifieke fasette van Cloete se meesterskap as digter: die 'Droste-effek' (Hans Ester), kreolisering van die simbolisme in Cloete se poësie (Hein Viljoen), en ikonisiteit (Heilna du Plooy). Ten slotte bring Joan Hambidge hulde aan die digter met twee gedigte. Bronnelys, verwysings, samev. in Afrikaans en Engels. [Samevatting ASC Leiden]
Views
Cover