Go to AfricaBib home

Go to AfricaBib home Education in Africa Go to database home

bibliographic database
Line
Previous page New search

The free AfricaBib App for Android is available here

Book Book Leiden University catalogue Leiden University catalogue WorldCat catalogue WorldCat
Title:Kaaps in fokus
Editors:Hendricks, Frank
Dyers, Charlyn
Year:2016
Pages:145
Language:Afrikaans
City of publisher:Stellenbosch
Publisher:Sun Media
ISBN:9781928314158; 9781928314165
Geographic term:South Africa
Subjects:Afrikaans language
language usage
language history
sociolinguistics
languages of instruction
Abstract:In hierdie boek word die Afrikaanse omgangsvariëteit Kaaps deur verskillende outeurs vanuit diverse invalshoeke betrag. Die boek beslaan nege hoofstukke wat in twee afdelings verskyn: Deel I bevat taalkundige besinnings oor Kaaps, terwyl Deel II die kontekstuele gebruike van Kaaps bekyk. Die bydraes is gegrond op referate wat gelewer is tydens die histories eerste simposium oor Kaaps wat van 19 tot 20 Julie 2012 by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) gehou is. Kaaps word in die boek voorgehou as 'n waardige, talig genuanseerde en steeds lewenskragtige manifestasievorm van Afrikaans waarin sowel die jaarringe van eeue gelede en die botsels van nuwe ontwikkeling na vore kom. Ook val die soeklig op onder meer die ekonomiese potensiaal van hierdie taalvorm en die benutting daarvan as onderwys- en joernalistieke medium. Hoofstukke: Deel 1: Taalkundige besinninge oor Kaaps. Die aard en konteks van Kaaps: 'n hedendaagse, verledetydse en toekomsperspektief (Frank Hendricks); Die historiese dinamika van Kaaps - toe en nou (Ernst Kotzé); Twee betekenisvolle momente in die geskiedenis van Kaaps (Christo van Rensburg); Konsepomwenteling in die taalwetenskap: implikasies vir die studie van Kaaps (Charlyn Dyers). Deel 2: Beskouinge oor die kontekstuele gebruike van Kaaps. Soppangheid vir Kaaps: mag, kreolisering en Kaapse Afrikaans (Hein Willemse); Kaaps: tyd dat die taal van die Kaapse vlakte in die formele skool verreken word (Michael le Cordeur); Die Tjatjies A'rit is: etnoteoriee van ouers oor geletterdheid en opvoeding in Manenberg, Kaapstad (Dmitri Jegels); Ekonomiese bemagtiging deur Kaaps (Christo van der Rheede); Kaaps in koerante (Anastasia de Vries). [Samevatting ASC Leiden]